|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet
Akademies
|
Nuusbrief 901
27/05/2022
|
Krities Afrikaans
|
LitNet:
Inheemsheid en mag
|
Mixtape
van die liefde
Samesteller: Antjie Krog
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9781776353590
Hierdie
bundel gedigte verken die verskillende dimensies van die liefde:
verliefdheid (’n rimpelvel hardloop); wat is die liefde? (my hart het in
jou verdwaal); liefde in gesinsverband (wie is die stil kind?); liefde en
pyn (ek volg net my hartseer); liefde en woede (ek haat en ek het lief);
en liefde wat verder reik (o’s celebrate). Die hele spraakgemeenskap van
Afrikaans is verteenwoordig in die bundel – van ons ouer digters soos
Totius, Boerneef, Eybers, Opperman en Van Wyk Louw, tot opwindende nuwe
stemme soos Ashwin Arendse, Bibi Slippers, Nathan Trantraal, Pieter
Odendaal, Lynthia Julius en Ryan Pedro. Ronelda S Kamfer lewer die
grootste bydrae met ses gedigte.
|
|
|
|
Oor plek, inheemsheid en mag
Hein Willemse
Menings
"In die suide van Afrika het ’n slaaf uit
die hartland van Tamilsprekende Indië ’n heenkome gevind en ’n nageslag
nagelaat, net soos Danny Titus wat in sy naam die geskiedenis van
verdrukking dra. Ons kan op uiteenlopende maniere Suid-Afrikaans wees, en
daarvoor is inheemsheid nie ’n voorwaarde nie. Suid-Afrika behoort aan ons
almal. Dit is waarvoor ons ons moet beywer." – Hein Willemse (Danny
Titus-gedenklesing, DAK Netwerk, Mei 2022)
|
|
Persverklaring: PEN Afrikaans oor die voorgestelde
naamsverandering van die Afrikaanse Taalmonument
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Daar is min instansies wat sigself so deeglik
herbesin het as juis die Afrikaanse Taalmonument en -museum. Nie net is dit
veelrassig nie, dit is ook een van die min ruimtes wat die slaweherkoms en
die wesenlike invloed van die Islam op Afrikaans openlik vier en
tentoonstel. | There are few institutions that have reimagined themselves
as thoroughly as the Afrikaans Language Monument and Museum. Not only is it
multiracial, but it is also one of the few spaces that openly celebrates
and exhibits the slave origins and the substantial influence of Islam on
Afrikaans.
|
|
Die Charter of Compassion 12 jaar later
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Dalk het die tyd aangebreek dat vroue moet
regeer. In elke land waar vroue aan bewind is, van Afrika tot Europa, word
gesinne sentraal geplaas."
|
|
Covid – waar ons nou trek
Elsabé Brits
Seminare en essays
"Mense is eensaam. Dit is nie die hermiet
wat kies om alleen te bly nie, dit is die ganse planeet vol mense wat verby
mekaar leef."
|
|
’n Huldeblyk aan Marilyn Martin
Melvyn Minnaar
In memoriam
"Suid-Afrika se kunsgeskiedenis sal Marilyn
Martin huldig vir ’n merkwaardige, selfs revolusionêre, loopbaan wat die
bestaande kuns-kulturele hegemonie op sy kop gedraai het. Sy had die
persoonlikheid (stylvol en innemend), die kennis (akademies priemend en
ondersoekend) en die onverskrokke deursettingsvermoë om politici, ou wit
manne, opposisie en toegewyde burokrate te hanteer."
|
|
’n Drie duisend jaar oue papirusargief in die woestyn
van Egipte ontdek
Gerrit van Wyk Kruger
Seminare en essays
"OxyrhynChus het uiteindelik vir meer as 1
000 jaar verlate gelê, ’n ruïne toegewaai in die woestyn. Toe die moderne
opgrawings in Egipte begin het, is die groot afvalhoop by OxyrhynChus
aanvanklik nie gesien as die moeite werd om argeologies ondersoek te word
nie, totdat Grenfell en Hunt van Oxford, half teensinniglik, besluit het om
dit te gaan oopgrawe."
|
|
Elders gesien: Groot skrik teen Tafelberg
Gert Vlok Nel
Elders gesien
"Ek het nooit daar vuur gemaak nie en teen
skemer altyd seker gemaak ek is alleen daar en het dan op die kant tussen
die bosse gaan lê, sodat ek nie verras kan word nie."
|
|
Oekraïne: Berigte te velde
LitNet
Menings
’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor
die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles
on the war in Ukraine.
|
Uit
LitNet se argiewe | From LitNet’s archives
|
|
Afrikaans: the language of dissent
Menán van Heerden
From LitNet’s archives
This article aimed to demonstrate the various
ways in which white and coloured Afrikaans speakers have resisted
oppression throughout various eras in South African history: colonialism,
Afrikaner nationalism, apartheid and the post-apartheid era. Since the era
of colonialism, songs, newspapers, writers, academics, educators, students,
theatre practitioners and hip-hop artists have all challenged repression –
in Afrikaans.
|
|
Wat het 10 jaar se demokrasie vir meertaligheid in
Suid-Afrika bereik?
Marion Boers en Wilna Liebenberg
OuLitNet: Taaldebat (2004)
"Op 30 September vier die wêreld
Internasionale Vertaaldag (IVD). Hierdie dag, wat ter nagedagtenis aan die
beskermheilige van vertalers algemeen bekend staan as St Hiëronimusdag, word
reeds sedert 1991 deur die Internasionale Vertalersfederasie (FIT) bevorder
om die openbare aandag op hierdie grotendeels onsigbare beroep te vestig.
"
|
|
Handevat vir goeie hoop, 370 jaar ná Van Riebeeck
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Bruin mense kan tog na hulself omsien,
dinge vir hulself doen. Hulle het nie die 'baas' se beterweterigheid of
beste praktyke nodig nie. ’n Mens móét begrip vir die agterdog hê: Ons
almal is immers goed vertroud met die land se geskiedenis – en dit strek
tot by die aankoms aan die Kaap de Goede Hoop op 6 April 1652 van Jan van
Riebeeck en sy VOC-geselskap. Maar wat is die geskiedenis tog?"
|
|
Ramaphosa vra reguit, eerlike gesprek oor rassisme
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Om rassisme te beëindig gaan nie net oor
die verandering van houdings nie; dit gaan ook oor die verandering van die
materiële toestande wat vandag nog swart en wit Suid-Afrikaners skei."
|
|
Personeeltekorte, aappokke, wol, koraalriwwe en
stambome
Milton Webber
In het nieuws
"Reisigers moes Maandag opnuut ure lank by
Schiphol-lughawe in toue staan weens ’n gebrek aan personeel, en
treindienste in België is ingekort om dieselfde rede; aappokke ook in
België en Nederland; Nederlandse boere sukkel al hoe meer om van hul wol
ontslae te raak; nuwe hoop vir koraalriwwe; en Beethoven is ’n nefie
ryker."
|
|
Inperking het haar nie laat ophou reis nie
Marianne de Jager, Izak de Vries
Reizen
"Ek is van nature nuuskierig en ook op
fisiese reise gesels ek graag met plaaslike mense. Op die virtuele reis
sien jy jou vordering op die kaart, en kan jy ook beeldmateriaal kry van
waar jy is. Dikwels het ek ook van die plekke gegoogle vir meer inligting
en foto’s."
|
|
Regter gaan rassisme by US ondersoek
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"As deel van die ondersoek na voorvalle van
rassisme wil die universiteit hê die kommissie moet in hulle verslag ook
aanbevelings maak hoe om ’n kultuur van diversiteit, gelykheid en
insluiting te verbeter."
|
|
Real fiction: The revival of the Franschhoek Literary
Festival
Karina Magdalena Szczurek
Books and writers
"We all have crocodiles to tame. Writing –
and living, ageing, dying – does take courage. One day, we will all end up
in 'the big library in the sky', to quote Deon Meyer. But before we do, we
will continue raging in the service of The Story."
|
|
Oupa Zombie
deur Jaco Jacobs: ’n resensie
Anke Theron
Resensies
"Jy mag dalk geflous word om te dink hierdie
is ’n lekker verbeeldingryke storie wat te goed klink om waar te wees, maar
dit is steeds in die werklikheid geanker."
|
|
’n Klassieke verhaal: Labirint
deur Chanette Paul
Erla Diedericks
Lesersindrukke
"Labirint
is geskoei op ’n storie in die Griekse mitologie wat vertel van die doolhof
wat deur koning Minos onder sy paleis gebou is om sy stiefseun, ’n
minotaurus met die kop van ’n bul en die lyf van ’n man, in weg te
steek."
|
|
Afvlerkmens:
’n onderhoud met Grant Jefthas
Naomi Meyer, Grant Jefthas
Skrywersonderhoude
"Met 'Scheme-Kind' verklaar ek trots dat ek
van die ghetto is. Die 'ghetto' van Franschhoek, Mooiwater HOP Skema, wat
die toeriste nie eens van weet nie. Ek verklaar: 'Kinders uit sulke skemas,
plakkerskampe en plase kan dit ook maak!'"
|
|
In conversation with Hannes Barnard about Halley’s
Comet
Hannes Barnard, Izak de Vries
Books and writers
"They run for their lives as dusk turns into
night. Bullets fly as he gets closer. They stop breathing because it’s
making too much noise. Still, Rudie comes closer. And closer."
|
Op
die redakteur se lessenaar
|
|
Graad 6: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 6 en kry jy koue rillings as jy
die woord "Wiskunde" hoor? Met die vraestel en memo wat Wilhelm
du Toit vir LitNet opgestel het, gaan jy die werk maklik onder die knie
kry! Dit is gratis hier beskikbaar.
|
|
Gespierde Afrikaans
LitNet
Akademies en skole
Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of
teenstrydigheid? LitNet
Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans
te skryf. Die Gespierde Afrikaans-lys word deurlopend bygewerk. Kyk watter
nuwe woorde is toegevoeg.
|
|
Die rooi tekkies
Hendie Grobbelaar
Fiksie
"Elisa laat sak die mes en vee ’n straaltjie
sweet langs haar neus met haar voorskoot se soom af. Sy is in elk geval te
swak om te baklei. Die mens voor haar kon haar al lankal oorrompel het as
hy wou. Hy lyk soos die branderplankryers wat gereeld hier verby haar
huisie stap strand toe, verbleikte stuk hout onder een arm vasgeklem.
Onskadelik."
|
|
Nonnetjie van Aardt se laaste dag op aarde
Maretha Maartens
Fiksie
"Mans is ons gewoond, het sy nog gedink.
Hulle is ons handigheid, ons geskrop en gemop gewoond. Hulle staan aan die
ander kant van die streep en los ons op die terrein wat ons vir onsself
afgebaken het, hulle ten goede."
|
|
Wind
Anton Döckel
Fiksie
"In die stormwind moes Aaron uit sy kamer
kom om die windpomp te gaan vasmaak, want die dam loop oor. Die windpomp
skree: Wat draai jy my arm so agter my rug in op? Ons loer deur die
gordyne; bang dat Windvoёl ons sal sien. Aaron loop koes-koes; hy is ook bang.
Golwe waai oor die dam se walle. So moet die see seker lyk, sê Sussie, net
groter ... baie groter. Maar rond, sê ek."
|
|
Hipoksie
Adelle van Wyk
Fiksie
"Elizabeth, dit is onnodig om so plat te
praat. Dié sou sy nou al moes gehoor het oor die kussingsloop as Ester se
praat nog gewerk het. Pal is sy reggehelp, asof háár Afrikaans vuil
skollegoedwater is."
|
|
Duine
Johann Crous
Fiksie
"Soveel mooi en blink het ek in my hele lewe
nie gesien nie. Dit was die binnekant van Leonard-hulle se sinkhuisie wat
prentjiemooi op die sandvlaktes tussen die Port Jacksonbome en die bloekoms
gestaan het."
|
|
Kiekie
Martin Labuschagne
Poësie
"herinneringe het hierdie karkas
tot manlikheid laat swel
en van binne uitgehol"
|
|
Windmill
Heidi Henning
New writing
"She plays a sound
Drawn from a deep-water source
She holds power"
|
|
Ek wil
Neo Mehlomakulu
Poësie
"ek wil almal voor God laat sit
en hulle Hom laat vra of ek
enigsins betrokke was
toe Hy my geskape het"
|
|
Indemnity:
’n filmresensie
Leon van Nierop
Film
"Taute het in die onmoontlike geslaag: om ’n
onverwagse rowwe-diamant-kwaliteit aan plaaslike aksie te gee. .... Hier is
’n visueel-geletterde regisseur wat ritme, ruimte, voorkoms, spanning en
impak verstaan."
|
|
LitNet: Privaatheidskennisgewing | Privacy notice
LitNet
Als oor LitNet
LitNet wil jou as leser die versekering gee dat
ons daarop ingestel is om jou persoonlike inligting wat by ons in bewaring
is, te beskerm. | LitNet would like to assure you as a reader that we are
committed to protecting your personal information held by us.
|
Konklusie of
gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil
navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.
|
|
No comments:
Post a Comment